Wiskunde Werf

WISKUNDE WERF • AANSOEK OM PLEK

Doen aansoek om ’n Wiskunde Werf-plek

Wiskunde gaan oor meer as ’n punt. By Wiskunde Werf wil ons elke leerder help om Wiskunde beter te verstaan, met meer selfvertroue te werk en stap vir stap te groei. Omdat ons doelbewus met beperkte plekke en persoonlike aandag werk, gebruik ons hierdie vorm om die leerder en die leerder se behoeftes beter te leer ken voordat enige plek bevestig word.
Belangrik: Die indiening van hierdie vorm waarborg nie ’n plek nie. Plekke is beperk en alle aansoeke word persoonlik nagegaan en volgens beskikbaarheid goedgekeur.

Kwartaalprogram: 8 lesse per kwartaal. Die maandelikse betaalopsie is R450 per maand oor 3 maande. Individuele leswaarde: R180 per les.